OUDTSHOORN NUUS - Geskiedenis is op die Oudtshoorn-ovaalbaan gemaak toe Kenny Gouws en Daleen McCrudden van Albertinia Saterdag 25 November met V8 sprint motors gejaag het. 'n V8 sprint motor jaag sy eienaar ongeveer R1,5 miljoen uit die sak om baangereed te kry.
Die dag se renne was deel van die Oosies Racing Grant Finale-ovaalbaanwedren.
Meer as 700 toeskouers het die ovaalbaan se pawiljoene en uitkykpunte volgepak om 45 renjaers in die agt kategorieë, naamlik die ontwikkelingsklas, 1660's, 2,1's, Hot Rods, Heavy Metals, Modified V8's, Crosscarts en V8 Sprints, dop te hou.
Oudtshoorn se ovaalbaanrenjaers het met nege podium posisies weggestap. Dit sluit in drie eerste plekke, drie tweede plekke en drie derde plekke.
Die uitslae is:
Ontwikkelingsklas
1. Johan Engelbrecht (George)
2. Werner Heunis (Oudtshoorn),
3. Justin Brink (Cape Hell Drivers)
1660's
1. André Nel (Oudtshoorn)
2. André Fouche (Oudtshoorn)
2.1's
1. Christopher Burisch (George)
2. Burger van der Westhuizen (Oudtshoorn)
3. Willie Olivier (Oudtshoorn)
Hot Rods
1. Clive Meyer (Oudtshoorn)
2. Waldo Oosthuizen (George)
3. Rietha Oosthuizen (George)
Heavy Metals
1. André Keller (Oudtshoorn)
2. Anton Pretorius (George)
3. Leno Muller (Oudtshoorn)
Modified V8's
1. Anton Pretorius (George)
2. Corné Martin (George)
3. Lucius Fourie (Oudtshoorn)
Crosscarts
1. Anthony Oudtshoorn (George)
2. Leon Hansen (George)
3. Jacques Mostert (George)
V8 Sprints
1. Kenny Gouws (Albertinia)
2. Daleen McCrudden (Albertinia)
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'