OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Power of Purple Relay for Life vind dié naweek (die nag van 3 en 4 Februarie) plaas.
Dit word deur Kansa aangebied en spanne kan nog inskryf.
Die verrigtinge begin Saterdag 3 Februarie om 18:00 en eindig om 06:00 die volgende oggend.
Die inskrywingsfooi beloop R700 vir 'n span van tussen 10 en 15 lede.
Spanne stap deur die nag om die tartanbaan ter herinnering aan kankeroorwinnaars en die wat die stryd teen kanker verloor het.
Vir meer inligting oor die Relay for Life kan Riana Lindeque (076 471 7580 - rianalinde@gmail.com) of Amanda Koen (071 635 4196 - akoen@cansa.org.za) gekontak word.
Die program is:
- 18:00 - Openingseremonie
- 19:15 - Oorwinnaarsrondte
- 19:45 - Spanne met bewusmakingsplakkate
- 20:45 - Versorgersrondte
- 21:00 - Lumenaria-seremonie
- 22:00 - Tema: Wêreldsport
- 23:00 - Tema: Cross dressing
- 24:00 - Klaasvakie
- 01:00 - Onder die see
- 02:00 - Agteruit in pers
- 03:00 - Kaktus op die vlaktes
- 04:00 - Herwinning van klere
- 05:00 - Veg terug
- 05:15 - Prysuitdeling
- 05:30 - Diens en afsluiting
Koen sê spanne kan reeds van 16:00 Saterdag hulle oornag kampplekke inrig.
"Geen rook van sigarette of alkohol gebruik word toegelaat nie. Mense kan op gasbraaiers braai, maar oop vure is verbode."
Die bestuur het te kenne gegee dat streng toesig oor jeugdiges gehou sal word.
"Jeugdiges word nie in toe tente toegelaat nie en hul ouers of voog moet oor hulle toesig hou."
Lees 'n vorige artikel: Tyd vir Relay for Life
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'