OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Power of Purple Relay for Life vind die naweek (die nag van 3 en 4 Februarie) plaas.
Dit word deur Kansa aangebied en spanne kan nog tot voor die Relay for Life inskryf.
Die verrigtinge begin Saterdag 3 Februarie om 18:00 en eindig om 06:00 die volgende oggend.
Die inskrywingsfooi beloop R700 vir 'n span van tussen 10 en 15 lede.
Spanne stap deur die nag om die tartanbaan ter herinnering aan kankeroorwinnaars en die wat die stryd teen kanker verloor het.
Vir meer inligting oor die Relay for Life kan Riana Lindeque (076 471 7580 - rianalinde@gmail.com) of Amanda Koen (071 635 4196 - akoen@cansa.org.za) gekontak word.
Die program is:
18:00 - Openingseremonie
19:15 - Oorwinnaars rondte
19:45 - Spanne met bewusmakingsplakkate
20:45 - Versorgers rondte
21:00 - Lumenaria seremonie
22:00 - Tema: Wêreldsport
23:00 - Tema: Cross dressing
24:00 - Klaasvakie
01:00 - Onder die see
02:00 - Agteruit in pers
03:00 - Kaktus op die vlaktes
04:00 - Herwinning van klere
05:00 - Veg terug
05:15 - Prysuitdeling
05:30 - Diens en afsluiting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'