OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester het pas bevestig dat reëlings met Eden Munisipaliteit getref is om water aan De Hoop en nog 'n nedersetting buite Oudtshoorn te voorsien.
Dit blyk dat 'n vergadering Woensdag met inwoners van De Hoop gehou is, maar die gesinne wat op die Transnet grond bly, was nie bewus van die vergadering nie en het dus nie hulle penarie daar bekend gemaak nie.
Bottels water wat mense skenk, word steeds vanmiddag afgelaai.
Lees 'n vorige artikel: Water dringend benodig
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'