OUDTSHOORN NEWS - Ongeveer 45 mense by De Hoop benodig dringend water.
Die Oudtshoorn Courant is vanmiddag in kennis gestel dat die munisipaliteit nie voor Maandag of Dinsdag 'n tenkwa met water vir die mense in opslaanhuise kan stuur nie.
Lesers word gevra om twee- en vyfliter houers met kraanwater môremiddag tussen 12:00 en 13:00 na die kantore van die Oudtshoorn Courant te bring waarna ons dit vir die gesinne sal neem.
Daar is ook 'n hele aantal honde wat water moet kry.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'