OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn en die Klein-Karoo se nuwe aanlyn Facebook-radiostasie, Radio CG, maak groot golwe op sosiale media.
Radio CG is die breinkind van Nigel Goliath en is reeds drie maande operasioneel.
Goliath, wat ook 'n gewilde plaaslike rymkletser is, sê hy dink al 'n paar jaar daaraan om sy eie radiostasie te begin.
Radio CG dek enige plattelandse stories en nuus. Versoeke deur kunstenaars om hul musiek oor die lug te speel kan na radiocg3@gmail.com gestuur word.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'