OUDTSHOORN NUUS - Raadslede en amptenare van Oudtshoorn het kennis ontvang dat die speaker, Julia le Roux vandag se vergadering uitgestel het tot volgende Vrydag, 17 September.
Dit blyk dat sy gister in die hospitaal opgeneem is nadat sy Woensdag siek geraak het.
Daar is intussen verneem dat die onderburgemeester,Gevan Juthe, vanoggend se vergadering wou laat voortgaan met raadslede wat in opposisie met die DA is en met hom as speaker. Die media het nie toegang tot die raadsaal nie en kan dus nie hierdie inligting bevestig nie.
Die hofuitspraak ten opsigte van die wettigheid van besluite wat by die vorige vergadering geneem is, word vandag verwag.
Tydens daardie vergadering het Juthe se party, Sarco, en raadslede van die EFF, Icosa en ANC besluit om die huidige waarnemende munisipale bestuurder te vervang. Die besluite is verlede Dinsdag tydelik deur die hof omgekeer totdat die finale uitspraak gelewer word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'