OUDTSHOORN NUUS - Die raadsvergadering wat vanoggend moes plaasvind is tot 15:00 vanmiddag uitgestel.
Die vergadering het 11:00 begin, maar omdat daar nie 'n kworum was nie, is die vergadering vir 'n halfuur verdaag waarna daar besluit is om die vergadering tot later uit te stel. Een van die belangrike punte op die agenda is die aanpassingsbegroting wat volgens burgemeester Chad Louw, in Februarie goedgekeur moet word.
"Die lede wat nie hier is nie, is mense wat nie gemeenskapsbelang eerste stel nie," het hy gesê.
Daar was vandag slegs 11 raadslede van Icosa, ANC, Good en Saamstaan teenwoordig. Die Patriotic Alliance (PA), Vryheidsfront Plus (VF), DA, OGI en Advieskantoor was nie teenwoordig nie.
Die lede wat nie opgedaag het nie was blykbaar ongelukkig omdat hulle nie die agenda van vergadering 48 uur voor die vergadering gesien het nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'