OUDTSHOORN NUUS - Ten spyte van verskeie waarskuwings deur die Oudtshoorn-munisipaliteit en die waarskuwingsbordjies wat by die laagwaterbruggies aangebring is, het nog 'n inwoner vandag in Kerkstraat deur die water probeer ry.
Die voertuig is egter net 'n entjie in die water in voor die voertuig gaan staan het. Nooddienste moes die voertuig na veiligheid trek.
Die bestuurder van die voertuig is R1 500 beboet vir die verontagsaming van 'n kennisgewingbord en ook 'n verdere R1 500 vir die bestuur van 'n voertuig sonder bestuurslisensie.
Inwoners word daaraan herinner dat hulle van nou af stywe boetes opgelê gaan word sou nooddienste weer 'n voertuig uit die water moet trek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’