OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit hou vanaand die eerste van 13 publiek deelname vergaderings om die 2018/2019 geïntegreerde ontwikkelingsplan aan inwoners voor te le.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit sal die publiek die geleentheid gegun word om insette te lewer ten opsigte van die geïntegreerde ontwikkelingsplan.
Die vergaderings duur tot 30 Oktober en sal in al 13 munisipale wyke plaasvind.
“Dit is van kardinale belang dat inwoners die geleentheid gegun word om in die ontwikkeling van hul wyke te deel,” het burgemeester Colan Sylvester gesê.
Die munisipaliteit het voorsiening gemaak vir vervoer na vergaderings, in landelike gebiede, De Rust en Dysselsdorp.
Navrae oor die Vervoer kan gedoen word by Thembeka Ngqeza (044 203 3972).
Die vergaderings begin om 19:00 saans en is as volg geskeduleer:
Wyk 1: Maandag 9 Oktober (munisipale banketsaal)
Wyk 2: Dinsdag 10 Oktober (munisipale banketsaal)
Wyk 3: Woensdag 11 Oktober (munisipale banketsaal)
Wyk 4: Donderdag 12 Oktober (Thusong-dienssentrum)
Wyk 5: Maandag 16 Oktober (Smartie Town-kleuterskool)
Wyk 6: Dinsdag 17 Oktober (Toekomsrus-gemeenskapsaal)
Wyk 7: Woensdag 18 Oktober (St. Nicholas-kerksaal)
Wyk 8: Donderdag 19 Oktober (Thusong-dienssentrum)
Wyk 9: Maandag 23 Oktober (Dysselsdorp-gemeenskapsaal)
Wyk 10: Dinsdag 24 Oktober (Dysselsdorp-gemeenskapsaal)
Wyk 11: Woensdag 25 Oktober (Blomnek-gemeenskapsaal)
Wyk 12: Donderdag 26 Oktober (Nuwe raadsaal – Oudtshoorn-munisipaliteit)
Wyk 13: Maandag 30 Oktober (Bridgton Biblioteek)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'