Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Raadsvergadering in Oudtshoorn het in chaos ontaard toe 'n lid van die publiek wat deurentyd vanuit die openbare galery opmerkings geskreeu het oor die afskorting geklim het om 'n raadslid te konfronteer wat vir him gesê het hy is dom.
Ongeveer tien lede van die publiek het ook oor die reling geklim en met raadslede in argumente betrokke geraak.
Die speaker het te midde die oproerigheid aangekondig dat die raad vir ete verdaag.
Die direkteur van behuising was besig met n voorlegging om eise vir grond van die Backyard Dwellers of Hope toe die onderonsie uitgebreek het.
Die vergadering het vanoggend gesukkel om rigting te kry toe daar reeds met die eerste mosie, oor 'n raadslid wat te veel geld ontvang het, onmin onder die raadslede was.
Daardie kwessie is in komitee bespreek waarna die saak van die grondsoekers aan die beurt gekom het.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'