Breaking News Video
DYSSELSDORP NUUS EN VIDEO - Die gemeenskap van Donkerhoek-informele nedersetting in Dysselsdorp, het vanoggend, 26 Februarie, 'n protesaksie begin waartydens hulle buitebande aan die brand gesteek en die pad met klippe versper het.
Volgens die bekende gemeenskapsleier, Leon Campher, is die gemeenskap ongelukkig omdat die Tuinroete-distriksmunisipaliteit glo opdrag gegee het dat hulle wonings ontruim moet word.
Campher het die gemeenskap versoek om die geskil vreedsaam op te los.
Na wat verneem word is daar meer as 100 gesinne in Donkerhoek woonagtig.
Die polisie sowel as die verkeersbeamptes is op die toneel om orde te handhaaf.
Niemand is tot dusver beseer nie.
'n Navraag is na die Tuinroete-distriksmunisipaliteit gestuur.
VIDEO: Wyndham Ewerts
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’