MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se munisipale bestuurder, Adv Thys Giliomee weerlê gerugte dat die verwydering van onwettige kragaansluitings tot die geweldadige protes wat sedert vroegoggend in Mosselbaai voortduur, aanleiding gegee het.
Hy het aan die Mossel Bay Advertiser gesê die munisipaliteit het weke laas opgetree teen onwettige kragaansluitings. "Die onwettige kragverbruik gee wel aanleiding tot gereelde kragonderbrekings, en dit mag deel van die frustrasies wees wat tot die onrus aanleiding gegee het."
Intussen is dit bevestig dat 15 persone deur die openbare orde polisiëringseenheid gearresteer is.
Daar het ook voorvalle voorgekom van buitelanders se winkels wat geplunder is.
Adv Giliomee vra weer eens die gemeenskap se samekwerking om kalm te bly en gehoor te gee aan wetstoepassers wat die situasie beredder.
Luister hier na 'n klankgreep.
Die brand by die vullisstortingsterrein word tans deur lugsteun van Kobus Crous se Mossel Bay Helicopters geblus.
Danabaai-toegangsroete.
Die brand by die vullisstortingsterrein word onder beheer gebring met die hulp van Mossel Bay Helicopters.
Lees vorige artikels:
• Mossel Bay protest action: Situation tense
• Municipal manager calls for calm
• Protesaksie: Situasie gespanne
• Protest action in Mossel Bay
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'