- Skakel die motor af om te verseker dat 'n vonk nie dalk 'n brand veroorsaak nie.
- Indien jy self in skok is skakel dadelik iemand wat jou kan bystaan.
- Skakel noodfligte aan of plaas rooi gevaardriehoeke uit om ander moto-riste te waarsku dat die pad versper is.
- Moenie die toneel verlaat nie.
- Probeer kalm bly, moenie stry, iemand beskuldig of enige skuld erken nie.
- Dis altyd beter om te wag totdat die polisie op die toneel is.