PRINS ALBERT NUUS - ’n Laerskoolleerder van Prins Albert is by die onlangse provinsiale WOW-spelkompetisie (Woorde Open Wêrelde) in Stellenbosch aangewys as een van die Wes-Kaap se topspellers.
Johdaleez Brits (10), 'n graad 3-leerder van Prins Albert Primêr, het vyfde gekom in haar ouderdomsgroep in dié kompetisie wat deur die Universiteit van Stellenbosch en Sanlam geborg word.
Haar klasonderwyseres, Leoni Moolman, en die plaaslike WOW-spelkoördineerder, Diana Koorts, albei van Prins Albert Primêr, vertel dat dit bykans onmoontlik was om haar vas te vra en dat sy die letters teen ’n verstommende tempo ingeryg het.
Ná 60 spelrondes en twee uur en twintig minute se onophoudelike toetsing was dit “liedjie” wat haar uitgeknik het – ’n woord wat deel is van die graad 5-spellys. Woorde soos “onmiddellik”, “eksperimenteer”, “Mpumalanga”, “netbaloefening” en “geëet” was egter vir haar kinderspeletjies.
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'