Oudtshoorn was Dinsdag die gasheer van die Wes-Kaapse premier, Helen Zille se koördineringsforum. Die forum vergader op 'n rotasiebasis in verskillende dorpe in die provinsie. Die forum bestaan uit Zille as voorsitter, al die kabinetsministers van die Wes-Kaap, sowel as provinsiale amptenare, burgemeesters en munisipale bestuurders van die Wes-Kaapse dorpe en verskeie provinsiale rolspelers.
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, sê die doel van die vergadering was om geleenthede en uitdagings binne die Wes-Kaapse regering te bespreek.
Die vergadering het ook interaksie gehad ten opsigte van sosiale, bestuurs- en infrastruktuurverwante aangeleenthede en goeie praktyke in die hantering van waterskaarste en droogtebestuur.
Met die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, en Wes-Kaapse ministers se besoek aan Oudtshoorn, is van links: dr. Ivan Meyer (minister van finansies), Donald Grant (minister van vervoer en openbare werke), Bonginkosi Madikizela (minister van menslike nedersettings), Colan Sylvester (uitvoerende burgemeester) Zille, Dan Plato (minister van gemeenskapsveiligheid), dr. Nomafrench Mbombo (minister van gesondheid) Alan Winde (minister van ekonomiese aangeleenthede), Anroux Marais (minister van kultuursake
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'