Update
BEAUFORT-WES NUUS - Die vonnisoplegging van ‘n polisievrou wat op vier aanklagte van bedrog skuldig bevind is, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof tot Desember uitgestel omdat sy tans siek is en in die hospitaal verkeer.
Bernadette Arries (33), lid van die Beaufort-Wes-veediefstaleenheid, het in Januarie 2017 inskrywings van ondersoeke in haar polisiedagboek aangeteken terwyl sy eintlik by die huis was.
Sy het onskuldig gepleit en aangevoer dat sy die inskrywings vir ondersoeke in Leeu Gamka en Prins Albert voor die tyd gedoen het, omdat sy glo aan depressie gely het en baie vergeetagtig was.
Sy het toe siek geword en vergeet om die inskrywings te verwyder. Arries se regsverteenwoordiger het die hof meegedeel dat sy vir geruime tyd in die hospitaal gehou sal word en die versoek dat die saak tot Desember uitgestel word.
Die saak dien voor streeklanddros Sylvia Mandla en is tot 14 Desember uitgestel.
VORIGE ARTIKEL: Polisievrou voor vir bedrog
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'