OUDTSHOORN NUUS - 'n Groot groep nuuskieriges het vanmiddag op 'n botsingstoneel by die taxistaanplek saamgedrom.
'n Polisievoertuig wat die staanplek binnegekom het, het teen 'n wit Toyota vasgery.
Volgens die bestuurder van die Toyota het hy by die stopstraat stilgehou toe die polisievoertuig van voor af, en skynbaar aan die verkeerde kant van die pad, in hom vasry.
Niemand is in die botsing beseer nie.
Taxibestuurders het luidkeels kapsie gemaak teen die toestand van een van die polisievoertuig se bande waarvan 'n groot gedeelte glad afgeloop was.
Die regter voorband van die polisievoertuig.
ARTIKEL & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'