OUDTSHOORN NUUS - Kaptein Thinus Eloff, waarnemende bevelvoerder van die honde-eenheid op Oudtshoorn, is in 'n ernstige toestand in 'n George-hospitaal opgeneem na hy gisteraand deur 'n bakkie by 'n padblokkade op die Willowmore-pad raakgery is.
Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant bekom het is beide sy bene gebreek en hy het baie bloed verloor.
Dit is nog nie duidelik of daar enige ander skade is nie.
Dit is ook nie duidelik of die bestuurder van die bakkie in hegtenis geneem is nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'