Update
OUDTSHOORN NUUS - Die polisielid wat vanoggend buite Oudtshoorn in ‘n botsing betrokke was, is nie ernstig beseer nie.
Volgens Kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn polisie het die botsing omstreeks 00:40 plaasgevind en het die persoon slegs geringe beserings opgedoen.
Volgens hom het die lid ‘n kursus by die SAPD-Akademie bygewoon en is dit onbekend waarom hy na middernag terug gery het Plettenbergbaai toe.
Lees 'n vorige artikel hier: Polisievoertuig rol buite Oudtshoorn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'