Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - ‘n Lid van die SAPD is vanoggend omstreeks 01:30 per ambulans hospitaal toe nadat die polisievoertuig waarin hy was, op die George-pad omgeslaan het.
Dit is nog onbekend hoe die botsing gebeur het.
Inligting op die toneel het daarop gedui dat die lid aan die polisie op Plettenbergbaai verbonde is. Dit is nog onduidelik waarom hy in Oudtshoorn was en hoekom hy omstreeks 01:00 teruggery het Plettenbergbaai toe.
‘n Dokter het op die ongeluk afgekom en die man behandel en in sy motor gelaai voordat noodpersoneel op die toneel was.
Met die aankoms van die nooddienswerkers is die beseerde in ‘n ambulans oorgelaai en hospitaal toe geneem.
Inligting op die toneel het daarop gedui dat die lid aan die polisie op Plettenbergbaai verbonde is.
Die botsing het na die afdraai na Bakenskraal gebeur. Plaaswerkers wat naby die toneel woon en die slag gehoor het, het die polisie geskakel.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'