OUDTSHOORN NUUS - Die polisie op Oudtshoorn het die afgelope maand 63 persone vir die besit en handel in dwelms in hegtenis geneem.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die lede op 755 mandrax tablette, 158 gram tik en 12 kg dagga beslag gelê.
"In die meeste gevalle was daar nie groot hoeveelhede op beslag gelê op ‘n slag nie, behalwe vir die 400 mandrax wat verlede Woensdag in Jan Makaistraat, Bridgton op beslag glelê is."
Visser sê daar was ook arrestasies gemaak vir ernsige misdrywe soos inbrake aanrandings, roof, diefstal uit voertuie en diefstal uit winkel. In totaal was daar 184 arrestasies waarvan 110 daarvan aanrandings was.
Volgens hom is dit egter steeds kommerwekend hoeveel voertuigbatterye steeds gesteel word uit en vanaf die voertuie.
"Ons wil ‘n beroep op voertuigeienaars doen om batterye van hulle voertuie te merk deur dit te graveer met die voertuig se registrasienommer. Daar was ook ‘n hele aantal hek-motorbatterye gesteel en eienaars moet asb die hek motors toesluit en ook die batterye merk. Ons is dankbaar dat ons so baie arrestasies kon uitvoer want dit beteken dat die kanse verminder word dat verdagtes weer misdaad kan pleeg. Daar is wel persone wat verbind word met misdaad maar nog nie gearresteer is nie en ons probeer om hulle so gou as moontlik te arresteer. Ons wil vir die publiek bedank vir hulle hulp om die dwelms op beslag te lê en ook verdagte persone wat gesoek word te arresteer. Sonder die publiek se hulp sal dit nie vir ons moontlik wees om dit te kan doen nie."
Van die dwelms waarop beslag gelê is:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'