OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Oudtshoorn-polisie, Attaqua-honde-eenheid en sr. Eshieda Mei het Hoërskool Protea besoek om met die dogters oor tienerswangerskappe te gesels.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie het ao. Wanita Uys met die leerders oor die swangerskappe gepraat en Mei oor die voorkoming daarvan.
Sanitêre doekies is ook aan die leerders oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'