OUDTSHOORN NUUS - 'n Peperboom tussen die CJ Langenhoven biblioteek en die Oudtshoorn- en De Rust-toerismekantoor het aan die brand geslaan.
Brandbestryders is tans op die toneel.
Dit blyk dat die brand van binne die dik boomstam ontstaan het. Sover vasgestel kan word sal die boom oopgesny moet word om die brand van binne te blus.
Die oorsaak van die brand is onbekend.
Fotogalery: Oudtshoorn peperboom brand
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'