OUDTSHOORN NUUS - Die publiek word dringend gewaarsku om geen persoonlike inligting aan enigiemand te gee wat skakel met n belofte van gratis kruideniersware nie.
Verskeie inwoners het gister oproepe ontvang van mense wat beweer hulle werk vir Sassa. Hulle beweer dat Sassa gratis kruideniersware wil laat aflewer en dat hulle die begunstigde se ID nommer, woonadres en Sassa-nomner benodig.
Hierdie is 'n slenter wat gebruik word om toegang te kry tot persone se Sassa-inligting.
Sassa het gister bevestig dat hulle geensins telefonies inligting sal versoek nie.
Die Oudtshoorn Courant is besig om meer inligting te bekom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'