Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - In 'n gesamentlike operasie van die polisie en verkeersdepartemente, is taxis en herboude motors vanoggend vir padwaardigheid getoets.
Die mobiele toetseenheid van die provinsiale departement van vervoer, is ingespan om alle minibus-taxis, huurmotors en motors waar veranderinge aan die onderstelle aangebring is, te toets.
'n String voertuie moes vanoggend geduldig aan die bopunt van Voortrekkerweg wag on getoets te word.
Die operasie het tot 11:00 geduur waarna die toetseenheid na Beaufort-Wes verskuif is.
Kyk 'n video hieronder:
Minibus-taxis, huurmotors en motors waar veranderinge aan die onderstelle aangebring is, is getoets.
Die polisie in Voortrekkerweg vanoggend.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'