OUDTSHOORN NUUS - Patrick Brocklebank, 'n inwoner van Oudtshoorn, is gisteraand, 22 Desember, in St. Saviourstraat-omgewing vermoor.
Voorlopige inligting dui daarop dat 'n lid van SANDF-Oudtshoorn glo deur die militêre-polisie in verband met die voorval inhegtenis geneem is. 'n Navraag is na die polisie gestuur om dit te bevestig.
Brockleband laat drie kinders agter.
Sy boesemvriend, Terry Langenhoven, het Brocklebank beskryf as 'n sagggeaarde persoon wat graag enige persoon gehelp het, selfs ten koste van homself.
"Sure, hy het die laaste paar jaar deur baie persoonlike dinge gegaan en was selfs deurmekaar met dwelms, maar ons het groot planne gehad om weer besigheidsvennote te word soos ons in die verlede was. As ons gepraat het was dit altyd net positief en wat ons nog saam gaan bereik. Ek het 'n vriend en broer duisend verloor," het Langenhoven gesê.
Langenhoven, wat tans in Wes-Afrika werk, sê dat hy beplan om Brocklebank se begrafnis by te woon wat nog nie bevestig kon word nie.
Oudtshoorn Community Against Crime onder leiding van Leon Campher, het aangedui dat die organisasie die familie Woensdag 27 Desember, sal besoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’