OUDTSHOORN NUUS - Die Bleddie Vêr Oukersfees-fees wat deur 'n groep inwoners van Toekomsrus op 24 Desember gehou is, was 'n reusesukses.
Percy de Villiers, 'n lid van die groep het gesê die komitee wat dit gereël het was verras deur die opkoms wat hulle gehad het.
"Daar was heelwat meer mense as wat ons verwag het en dit het tot die fees se sukses bygedra. Dit was heerlik om saam met die gemeenskap Kersfees te kon vier."
Volgens De Villiers het hulle geskenke en kos vir meer as 200 kinders gegee en het meeste van die volwassenes hul eie kos gebring.
"Ons wou graag die mense weer bymekaar bring en 'n gevoel van samesyn tussen die mense bring. Dit was waarlik 'n fees.
"Ons wil ook graag al ons borge bedank wat gehelp het om van die dag 'n sukses te maak."
Plaaslike kunstenaars wat vir die dag se vermaak gesorg het was Jannie de Bruyn, Rubber Johnny, De Villiers, Eldene Jones, Lizelle van Hanse en Vinzelle Damons.
De Villiers sê hulle wil graag vanjaar weer so 'n Kersfees-fees vir die gemeenskap aanbied.
Die komitee wat die fees gereël het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'