Die kursus wat vier ure geduur het is gratis aangebied en ongeveer 100 vroue van verskillende ou-derdomme het opgedaag. Shoprite het ook kospakkies aan die vroue wat die dag bygewoon het uitgedeel.
Rosmin (76) was die oudste vrou wat kom leer het hoe om haarself te verdedig en sy het aan die groep vertel dat sy op die ouderdom van 15 deur een van haar vriende aangeval is.
"Ek het hom gegryp waar dit saak gemaak het en toe hy afsak het ek baie vinnig weggehardloop en dis hoekom ek die klas kom bywoon," het sy vertel.
Die dag is begin met praatjies oor ondermeer verkragting en waarom selfverdediging vir vroue belangrik is. Die vroue het ook prakties geleer om hulself te verdedig. Die klasse is deur Smit, Margaret Neethling en hul span aangebied. Smit het 'n swart belt in karate en is al vir 30 jaar betrokke by selfverdedigingsklasse vir vroue.
Kliek hier vir fotogalery.

Die selfverdedigingsklasse is deur Margaret Neethling en Sanette Smit aangebied
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'