OUDTSHOORN NUUS - Lesers van Oudtshoorn Courant het Louis van Wyk (28) op die koerant se Facebook-blad aangewys as die man met die mooiste baard in die dorp.
Die tweede en derde plek is deur Enzo Erasmus en Jan Olivier behaal.
Al drie wenners het baardprodukte van Best Beard gewen, maar Louis glimlag die breedste oor sy eerste prys van 24 biere.
Hy ding nou teen die ander wenners van George Herald, Mossel Bay Advertiser, Graaff-Reinet Advertiser, Knysna-Plett Herald en Suid-Kaap Forum mee vir die prys as Group Editors se mooiste baard.
Lesers kan op ons Facebookblad vir 'n algehele wenner te stem.
Louis se baard is nou 'n jaar en 'n paar maande oud.
Sy bierprys is deur Skillie Pretorius van Tops Oudtshoorn geskenk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'