OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn is aan weerskante van die Grobbelaarsrivier geleë.
Wanneer die rivier in vloed afgekom het, het dit probleme veroorsaak deurdat die inwoners nie van die weste na die suide kon beweeg nie.
- In 1913 het die stadsraad die voorstel goedgekeur om 'n hangbrug in Kerkstraat, oorkant die middedorp, op te rig.
- Die elegante brug is vervaardig deur 'n Skotse maatskappy, Rowley & seuns.
- 'n Firma in Londen, Hitchers & Booth, het die brug gebou.
- In 1914 is dit deur 'n plaaslike kontrakteur, F Helfritz opgerig.
- Die hangbrug bestaan uit 'n enkele spanwydte van 91 m met 'n boog in die middel.
- Die twee punte word met 9 m hoë torings afgewerk wat uit staal traliewerk gemaak is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'