OUDTSHOORN NUUS - Die polisie het verlede week 20 verdagtes vir dwelmverwante klagtes gearresteer.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, was een van die eerste voorvalle vroeg in Mei.
"Die polisie het inligting ontvang van moontlike dwelms by 'n woning in Bongolethu. Een voorval was in Lungastraat, Bongolethu, waar ses verdagtes gearresteer is met 53 sakkies tik in hul besit, hulle het ook twee 48 kg gassilinders in hulle besit gehad. Nog 'n voorval was in Kwamanyanostraat, Bongolethu, waar 'n persoon met 425 gr dagga en nog 32 sakkies dagga in sy besit gekry is. 'n Weegskaal is ook op die perseel gevind."
Visser sê verder die polisie het ook 'n 17-jarige man verlede Saterdag vir moord gearresteer nadat hy 'n 34-jarige man met 'n onbekende voorwerp doodgesteek het.
Brig. Susan Crafford, stasiebevelvoerder, het die lede bedank vir hulle werk en beklemtoon dat die besit van en handel in dwelms steeds vir die polisie 'n prioriteit is en dat die besit van dwelms nie geduld sal word nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'