OUDTSHOORN NUUSFLITS - Meer as 50 voertuie wat aan die 2018 Ford Veteraan- en Noagtoer deelneem, wat op die vooraand van die George Oumotorskou (10-11 Februarie) plaasvind, vertoef vandeesweek in Oudtshoorn, vanwaar hulle elke dag ‘n ander bestemming in die Klein Karoo sal besoek.
Die voertuie is te sien by die Oudtshoorn Inn Hotel waar die meer as 100 deelnemers tuisgaan.
Deelnemers besoek vandag Zoar en Amalienstein, en lê more besoek af by die Kango Grotte en Buffelsdrift Game Lodge.
Belangstellendes is welkom om die voertuie van nader te besigtig.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Juan Burger van Centurion en Fanus Blom van Durbanville by Juan se 1928 Ford Model A. "Ons neem deel omdat dit lekker is!" se Juan.
Mooi op 'n ry staan die blinkgepoetste motors wat aan die 1918 Ford Veteraan- en Noagtoer deelneem.
ARTIKEL & FOTO'S: TISHA STEYN, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'