“Vrouedag moet elke dag gevier word en die tyd het aangebreek dat vroue gaan kyk na die misbruik van ouderdomspensioene wat deur kinders uitgedrink word, na die bejaardes in tehuise en na gestremdes. Daar is vir alle vroue elke dag iets te doen. Ons moet meer betrokke raak”
De Jager het 'n beroep op vroue gedoen om te gaan kyk hoeveel jong meisies vir prostitusie gewerf word.
“Hoekom dwaal ons kinders so af? Omdat alle ouers nie hul pligte nakom nie.”
Nog 'n DA raadslid, Felicity Magxaka het gesê vroue moet ophou stilbly oor die mishandeling van vroue en kinders waarvan hulle weet. Hulle moet standpunt inneem teen die mishandeling en help om oortreders aan die lig te bring.