OUDTSHOORN NUUS - Die gewilde jaarlikse Oudtshoorn Local Football Association (OLFA) Paasnaweek-sokkertoernooi sal na afwesigheid van twee jaar, weer die naweek sy terugkeer maak.
Die toernooi skop Vrydag om 10:00 by die Dysselsdorp-sportstadion af.
Saterdag sal daar wedstryde vanaf 12:00 in Oudtshoorn by die Bongolethu-stadion gespeel word asook Saterdag en Sondag in Dysselsdorp.
Die laaste wedstryde sal Maandag in Dysselsdorp vanaf 10:00 gespeel word.
Die einstryd sal om 18:00 plaasvind.
Die Paasnaweek-sokkertoernooi, wat in samewerking met die Oudtshoorn-munisipaliteit aangebied word, sal opgedra word aan die ontslape voorsitter en sportlegende, Levesto le Roux, wat vir meer as ‘n dekade lank by die reëlings van die toernooi betrokke was.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'