OUDTSHOORN NUUS - Jandré Steyn, van Oudtshoorn, is op 12 Augustus deur mans in Riversdal beroof.
Steyn was deel van ‘n orkes wat die afgelope naweek by ‘n begrafnis opgetree het.
Hy het glo na die begrafnis saam met vriende in Riversdal gekuier waar hy na bewering by ‘n huis aangerand en van sy oorbelle, klere, en selfoon beroof is.
Steyn het glo na die voorval weggehardloop en tussen alwynbosse weggekruip. Sy vriende het hom as vermis aangemeld en, na puik werk van die Riverdal-polisie, is Steyn weer gevind.
Hulle kon ook daarin slaag om sy besittings terug te kry.
Sers. Edwina Heskwa, het gesê een man is in verband met die voorval in hegtenis geneem.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'