OUDTSHOORN NUUS - Mense wat nie ag slaan op Covid-19-inperkings nie is dalk nie bewus van die huidige stand van sake nie.
Die munisipaliteit gee gereeld die jongste syfers deur en as die syfers van 5 Augustus vergelyk word met gister se syfers van 19 Augustus is dit duidelik dat Covid-19 sy invloed laat geld en dat inwoners nie kan bekostig om voorkomingsmaatreëls te verslap nie.
Mense tussen die ouderdom van 18 en 34 kan nou ook vir inenting registreer.
Die vergelykende syfers lyk so:
Op 5 Augustus was daar 512 aktiewe gevalle en die totale sterftesyfer vir Oudtshoorn was 359.
Twee weke later op 19 Augustus was daar 794 aktiewe gevalle en die sterftesyfer het met 27 tot by 386 gestyg.
Die munisipaliteit doen ‘n dringende beroep op inwoners om Covid-19-maatreëls streng na te kom en vir inenting te registreer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'