LADISMITH NUUS - 'n Oudonderwyser van Zoar, Niklaas Adams (67), is verlede week in hegtenis geneem nadat meer as 200 daggaplante in sy erf gevind is.
Adams het verlede Vrydag 10 Januarie, vlugtig in die landdroshof op Ladismith verskyn op 'n aanklag dat hy in besit was van daggaplante.
Die polisie het op 7 Januarie met 'n lasbrief op die perseel van die verdagte in Braklaagte toegeslaan.
Daar is beslag gelê op 100 daggaplante met 'n hoogte van 3 m asook 130 jong daggaplante met 'n hoogte van 50 cm.
Adams is op borgtog vrygelaat en moet weer vandag (17 Januarie) in die hof verskyn.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, het die polisie die perseel 'n geruime tyd dopgehou.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'