Die landdros het in ag geneem dat die kind volgens 'n proefbeampte verslag, nie meer aan die voorval dink nie, goed vaar op skool en geen simptome van vrees toon nie.
Jacobs is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat in geheel voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is asook 24 maande korrektiewe toesig ingevolge Artikel 276 (1) (h) wat behels huisarres vir 24 uur per dag vir die volle twee jaar, uitsluitend vir werk en kerkdoeleindes.
Hy moet ook 16 uur per maand gemeenskapswerk doen en onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.