Oudpresident Mandela het Oudtshoorn in 2001 besoek toe die Vryheid van die Dorp aan die Klein Karoo Nasionale Kunstefees toegeken is.
In sy toespraak wat in Afrikaans gelewer is, het Madiba gesê: "Ek verneem dat baie jong Afrikaanssprekendes nie werklik meer Langenhoven lees nie. Ek is egter nog een van daardie ouer garde wat Afrikaans geleer het deur ook sy werk te lees. Dit is daarom `n verdere voorreg om vandag hier te kan wees by `n hoofsaaklik Afrikaanse fees op die geboorteplek van Langenhoven."
Volgens Swigelaar was die oudpresident se toespraak daardie dag tekenend van dit waarvoor hy hom beywer het.
"Hy het gestalte gegee aan die Afrikaanse gesegde Eendrag maak mag, tweedrag breek krag. My wens is dat ons elkeen in sy voetspore mag volg en ons, soos Madiba, sal beywer vir nasiebou, versoening en samewerking."

Jans Rautenbach, in 2001 voorsitter van die KKNK met oudpresident Nelson Mandela en oudburgemeester James Swigelaar tydens die oorhandiging van die Vryheid van Oudtshoorn aan die KKNK. Foto verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'