TUINROETE DISTRIKSNUUS - Die gr. 12-leerders van die Hoër Landbouskool Oakdale is tydens hul laaste amptelike akademiese skoolweek met 'n formele manne-dinee bederf met die bekende voormalige Springbok-kaptein, Jean de Villiers, wat die gasspreker was.
Tydens die geleentheid het hy met die leerders gedeel hoe teleurstellings sterk karakter help vorm.
De Villiers het ook die leerders aangemoedig om hard te werk en groot drome vir hul toekoms te koester.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'