'n Vol program begin reeds om 07:30 met buiteluguitstallings en kos wat te koop aangebied sal word by die Hoërskool Langenhoven Gimnasium se sportterrein en klubhuis.
Handelaars van die Suid-Kaap sal hul nuutste voertuie en motorfietse uitstal. Uitstallings van die nuutste kamptoebehore en 'n landbou-uitstalling kan ook besigtig word. Die publiek geniet gratis toegang.
Die hele gesin kan ook 4x4-aksie geniet by die 4x4 reservaat se gimkanabaan. Demonstrasies van onder andere herwinningstoerusting sal ook gelewer word.
Om 17:00 kan die toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland op die groot skerm van die skool se klubhuis gekyk word. Om 19:00 volg die prysuitdeling en biefstukete. Die pu-bliek is ook welkom om die deel van die verrigtinge saam te geniet.
Dit is egter belangrik om vooraf besprekings te doen vir deelname aan die 4x4 gimkana. Koste beloop R350 per voertuig en sluit 'n geskenkpakkie, middagete en aandete vir twee persone in.
Die dag, 'n eerste vir die dorp, word aangebied deur die Gimnasium Ondersteunersklub en sal voortaan 'n jaarlikse instelling wees.
Vir verdere inligting of besprekings skakel Kalbas Nell by 076 934 2123 of stuur 'n e-pos na kalbasnell@polka.co.za.

Handelaars en lede van die gesinsdag se reëlingskomitee, onlangs tydens `n bekendstellingsaand. Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'