50 geesdriftige stappers het die 10 km-roete, wat gestrek het van die skouterrein tot by Highgate Volstruisskouplaas, afgelê. Moeë stappers kon hul dors les by waterpunte wat beman is deur Liquor Land, Landmark, Kango Waters en Highgate Skouplaas en by die eindpunt het `n heerlike ontbyt op elke stapper gewag.
Ben Vrey Boukontrakteurs het die eer-ste prys gewen en Kaptein Steto van die Polisie-akademie het die tweede prys ontvang.
"Dankie aan elkeen wat ons so goed ondersteun het," het Davel na afloop van die stap gesê.
"Garden Court Hotel en Point Village Hotel het vir ons fantastiese pryse vir die wenners verskaf het en Wilck Spar, Checkers, Oudtshoorn-Wes Handelshuis, Vredebest, Plaspak, Oudtshoorn Groentemark, Holgate vrugte & groente, Market Fisheries, Kannaland Slaghuis, Rancho Butchery, Bakenskraal, Oudtshoorn Car Wash, Super Car Wash, Steers, Wimpy en Candy World en al die Highgate-personeel het almal gehelp om van die dag `n sukses te maak."
LEES 'N VORIGE NUUSFLITS
50 stappers het deelgeneem aan die Oudtshoorn Dierewelsyn se sakestap, verlede Saterdag. Foto: verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'