Gallery Update
OUDTSHOORN NUUS - Die hondjie wat vanmiddag na omtrent vyf ure se werk uit 'n aardvarktonnel gegrou is, is aangeneem.
Mornay Thysse, wat gereeld slange uit mense se huise verwyder het skaars 'n uur nadat hy en Chruzane Blauw die hondjie uitgehaal het, laat weet haar naam is nou Nina en sy slaap vanaand saam met hom en sy vrou in die bed.
Werner en Adel Meyer het vanoggend die hondjies opgemerk waarna lede van die diere-organisasie, ACT SA, agt hondjies uit die gat kon haal.
Nina het egter dieper en dieper weggekruip en die brandweer se hulp is ingeroep.
Chruzane Blaauw en Clayton Awries het ure gespook om 'n gat tot in die tonnel te grou, maar 'n meganiese laaigraaf, wat op die toneel die impromptu naam, groumoer, gegee is, is ingespan om die tonnel oop te grou.
Foto: Hannes Visser
Vanessa Engelbrecht, voorsitter van ACT SA, het vanmiddag die hondjies by dr. Glen Carlisle, gehad wat meen die hondjies sal goed herstel. Hulle is vandag gedip en het ook inentings ontvang.
Terwyl Nina vanaand tussen Mornay en Lucinda slaap wag haar agt boeties en sussies om aangeneem te word. Mense wat goeie huise kan voorsien, kan Vanessa by 082 927 7276 skakel.
Hierdie is Nina se boeties en sussies wat nou huise soek.
Mornay Thysse met Nina kort nadat sy uitgehaal is.
Vorige artikel: Hondjie na ure uit gat gered
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'