Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Na 'n reddingspoging van vyf en 'n half ure is 'n baba hondjie vanmiddag uit 'n aardvarkgat naby Spekkop gered.
Vanessa Engelbrecht van Animal Care Team sê hulle is al 'n geruime tyd bewus van die babas en drie ander wilde honde wat daar woon en het hulle verskeie kere al probeer om die babas te red, maar het nie daarin geslaag nie.
Hulle het vanoggend van 08:00 gesukkel en kon daarin slaag om 8 van die hondjies te red, maar die spesifieke tefie het al dieper in die gat ingekruip.
Clayton Awries en Chruzane Blaauw, lede van die Oudtshoorn-brandweer, het die gat met grawe en 'n blikkie dieper probeer grawe en selfs in die tonnels geklim, maar hoe meer hulle gegrou het, hoe dieper het die tefie onder die grond verdwyn.
Daniël Smuts van Oudtshoorn Plant Hire het hulle groumoer beskikbaar gestel om dieper af te grawe en net voor 14:00 vanmiddag kon Mornay Thysse en Chruzane die laaste hondjie uit die gat uit haal.
Die groumoer het die gate weer toegestoot sodat daar nie weer honde kan inklim nie.
Vanessa sê al die hondjies gaan nou eers lekker kos en 'n bad kry en mediese behandeling ontvang.
Volgens haar is die hondjies tussen vyf en ses weke oud.
Clayton Awries en Chruzane Blaauw, lede van die Oudtshoorn-brandweer, het die gat met grawe en 'n blikkie dieper probeer grawe en selfs in die tonnels geklim, maar hoe meer hulle gegrou het, hoe dieper het die tefie onder die grond verdwyn.
Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'