Update
OUDTSHOORN NUUS - Berné Venter (42) wat Vrydagnag met sy bakkie op 'n afgrond gestort het, is stabiel in die George hospitaal.
Sy broer, Jaco, het vanoggend gesê Berné ondergaan vandag 'n operasie aan sy gebreekte been. Hy het bloeding in sy longe, maar hy haal beter asem as gister.
Een van sy rugwerwels het ook in die ongeluk verbrokkel.
Die ongeluk het Vrydagnag op 'n skerp draai by De Konbuis gebeur, maar die bakkie met die ernstig beseerde Berné binne in, is eers Saterdagoggend omstreeks 07:30 deur verbygangers gesien.
Boeta Schoeman van die plaas De Konbuis het 'n viertrek bakkie beskikbaar gemaak om Berné en paramedici oor die rivier tot by 'n ambulans te vervoer.
Hy het ook 'n trekker gegee om die bakkie tot by die naaste pad te sleep.
Boeta Schoeman van die plaas De Konbuis het 'n viertrek bakkie beskikbaar gemaak om Berné en paramedici oor die rivier tot by 'n ambulans te vervoer.
Lees vorige artikels:
Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'