Inligting dui daarop dat die bestuurder van ‘n Toyota Quantum bussie (taxi) met 14 insittendes beheer oor die voertuig verloor het toe ‘n band vermoedelik gebars het. Die voertuig het gerol en omgeslaan.
Van die ses ernstig beseerde persone het ‘n man, Zanin Vula Tshaba (56-jaar oud), later in die hospitaal aan veelvuldige wonde beswyk.