Gallery Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Die Oudtshoorn munisipale jeugforum en verskeie ander organisasies het omstreeks 11:30 ‘n optog deur Oudtshoorn gehou om mense bewus te maak van die behoeftes van persone met gestremdhede.
Franklin Booysen van die jeugkantoor het gesê hulle beplan om soortgelyke optogte kwartaaliks te hou. Hul het ten doel om die dorp toeganklik te maak vir persone met gestremdhede.
Raadslid Raymond Wildschut het namens die munisipale raad ‘n memorandum van die persone met gestremdhede ontvang.
Hy het onderneem om hul versoeke en klagtes na die burgemeesterskomitee te neem en daarna aan die raad voor te lê.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in die Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'