OUDTSHOORN NUUS - 'n Opslaanhuis het 'n kort ruk gelede in Rosebank afgebrand.
Die oorsaak van die brand is in die stadium onbekend.
Omstanders het aan die Oudtshoorn Courant gesê dat die jong paartjie wat in die huis woon onbewus is dat hul woning met al hul besittings in puin gelê is aangesien hulle by die werk is.
Oudtshoorn-brandweer en Oudtshoorn-polisie is op die toneel.
Koel weerstoestande en 'n welkome reënbui wat tans oor Oudtshoorn uitsak het 'n rol gespeel om die brand vinnig onder beheer te kry.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'