Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Amptenare wat gereed staan om Meiringspoort op te ruim as die vlak daal, het reeds aan Klaarstroom se kant begin.
'n Padskraper het 'n rukkie gelede begin om gedeeltes van die pad agter die vloedwater skoon te stoot.
Volgens die jongste inligting behoort die poort later vanaand oop te wees.
Motoriste kan die SAPD op De Rust skakel vir inligting rakende die toestand van die poort. Die nommer is 044 241 2050.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel: Update: Meiringspoort steeds gesluit
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'